Genealogie

Kwartierstaat van Herzog Ludwig I van Württemberg (regeer 1568–1593).

Genealogie (vanuit Grieks: γενεά, Genea, "afkoms", en λόγος, logos, "kennis") is die studie van die verwantskappe van individue binne gesins- & familieverband/gesinne en die nasporing van hul afstammelinge en of voorsate. Genealoë gebruik mondelinge tradisies, historiese rekords, genetiese analise, en ander bronne om inligting oor families te bekom. Verwantskappe word dikwels met behulp van stambome, kwartierstate en geslagregisters in databasisse aangedui. Hiervoor word doelgerigte genealogiese programme normaalweg gebruik, waarvan daar 'n verskeidenheid beskikbaar is.[1]

'n Tipiese genealogiese databasis sal die volledige name van individu binne 'n verwantskap, asook datum en plek van persone se geboortes, troues en sterftes aanteken.

Stambome word gewoonlik in teks of grafies weergegee met lyne wat aandui hoe mense binne dieselfde familienaam aan mekaar verwant is.

Kwartierstate: 'n individu se voorouerstaat in alle bloedlyne/stamlyne kan grafies in verskillende formate en/of in teks uiteengesit word.

Genealogie word meestal as 'n stokperdjie beoefen en is een van die gewildste stokperdjies vir mense ouer as 60 jaar.

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika[2][3] (GGSA) is ‘n Suid-Afrikaanse genealogiese lede-organisasie van persone wat hulle besig hou met die studie van genealogie, familiebome en familiegeskiedenis wat ‘n Suid-Afrikaanse verbintenis het.

  1. Genealogiese programme: Comparison of genealogy software (en)
  2. Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika: https://www.eggsa.org/index.php/af/lidmaatskap/lidmaatskap-vrae-en-antwoorde/292-wat-is-die-genealogiese-genootskap-van-suid-afrika[dooie skakel]
  3. Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search